Foto’s bied ’n blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ’n slag.

Hugo Lloris, die doelwagter van Tottenham Hotspur, verlaat Woensdag die Westminster-landdroshof in Londen. Lloris is beboet met £50 000 (ongeveer R975 000) en is verbied om vir 20 maande te ry nadat hy vir dronkbestuur vasgetrek is. (Foto: Alastair Grant, AP)

Andrew Lingle stap Woensdag tydens sonsopkoms langs die strand terwyl orkaan Florence die ooskus in Atlantic Beach in North Carolina nader. (Foto: David Goldman, AP)

Familielede huil Woensdag tydens die begrafnis van die 55-jarige Rajamallu en sy vrou, Goli Ammayi (45), albei slagoffers van ’n busongeluk in die Shanivarampeta-dorp in die Jagtiyal-distrik in die suidelike Indiese staat van Telangana. ’n Bus wat pelgrims vanaf ’n Hindoe-tempel in Suid-Indië vervoer het, het Dinsdag die pad verlaat. Altesaam 50 mense is in die ongeluk dood, waaronder vier kinders, het amptenare gesê. (Foto: Mahesh Kumar A, AP)