Die wêreld in foto’s – 12 September 2018

Foto’s bied ’n blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ’n slag.

Hugo Lloris, die doelwagter van Tottenham Hotspur, verlaat Woensdag die Westminster-landdroshof in Londen. Lloris is beboet met £50 000 (ongeveer R975 000) en is verbied om vir 20 maande te ry nadat hy vir dronkbestuur vasgetrek is. (Foto: Alastair Grant, AP)

Andrew Lingle stap Woensdag tydens sonsopkoms langs die strand terwyl orkaan Florence die ooskus in Atlantic Beach in North Carolina nader. (Foto: David Goldman, AP)

Familielede huil Woensdag tydens die begrafnis van die 55-jarige Rajamallu en sy vrou, Goli Ammayi (45), albei slagoffers van ’n busongeluk in die Shanivarampeta-dorp in die Jagtiyal-distrik in die suidelike Indiese staat van Telangana. ’n Bus wat pelgrims vanaf ’n Hindoe-tempel in Suid-Indië vervoer het, het Dinsdag die pad verlaat. Altesaam 50 mense is in die ongeluk dood, waaronder vier kinders, het amptenare gesê. (Foto: Mahesh Kumar A, AP)

’n Bees wei tydens die 113de Expo Prado 2018 wat by die Rural del Prado in Montevideo, Uruguay aangebied word. (Foto: Nicolas Celaya)

’n Vrou stap verby ’n boom gehul in bloeisels in Singapoer. (Foto: Dan Chih Wey, Xinhua)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.