Die wêreld in foto’s – 12 September 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

San Diego Padres se Manuel Margot vang die bal tydens die vierde beurt van ʼn bofbalwedstryd teen die Chicago Cubs in San Diego. (Foto: Gregory Bull, AP)

ʼn Standbeeld van die voormalige Britse eerste minister Winston Churchill in die vroeë oggendure in Londen. (Foto: Alastair Grant, AP)

Kambodjaanse premier Hun Sen (regs) gesels met sy Laos-eweknie, Thonloun Sisoulith (links), terwyl hulle ʼn ondertekeningseremonie in Phnom Penh, Kambodja, bywoon. Sisoulith is op sy tweedaagse amptelike besoek aan Kambodja. (Foto: Heng Sinith, AP)

ʼn Model vertoon ʼn uitrusting van die Michael Kors-versameling tydens die modeweek in New York. (Foto: Richards Drew, AP)

Brandi Carlile (links) ontvang die Kunstenaar van die jaar-toekenning by die Americana Honors & Awards-vertoning in Nashville, Tennessee. (Foto: Wade Payne, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.