Die wêreld in foto’s – 13 April 2017

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Dié optog van die Santa Veracruz-broederskap in Calahorra in die noorde van Spanje is een van honderde wat tydens Pase oral in dié land te sien is. Foto: Alvaro Barrientos, AP

Robbie die meerkat lê kort voor die Paasnaweek weg aan Paaseiers wat met groente gevul is. Volgens ʼn woordvoerder van die Londense dieretuin waar dié meerkat aangehou word, is dié versteekte lekkernye veronderstel om meerkatte aan te moedig om self na kos te soek en te grawe, net soos wilde meerkatte dit sal doen. Foto: Kirsty Wigglesworth, AP

ʼn Vakman besig om ʼn Tangxi-swaard te maak in Xiping in die sentrale deel van China. Dié swaarde word sedert 2014 gereken as deel van China se nasionale kultuurerfenis. Foto: Feng Dapeng, Xinhua

Noord-Koreaanse mans met ballonne daag Donderdag op vir die amptelike opening van ʼn aantal woonstelblokke in ʼn residensiële gebied in Pyongyang. Foto: Wong Maye-E, AP

Fatou, ʼn gorilla in die Berlynse dieretuin in Duitsland, vier vandag haar 60ste verjaardag. Sy is al 58 jaar in dié dieretuin en vier haar spesiale dag met ʼn mandjie vrugte en groente. Foto: Kay Nietfeld, AP

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Louise ·

Ek is absoluut MAL oor fotografie, mal oor hoe woorde in n foto vasgevang word!
Hoe bevooreg is ons as mens net nie om hierdie tegnologie in ons lewe te kan ervaar nie!
Om te kan wys waar ons lewe wa en is, hoe moes mense 100de jare terg gekommenikeer het en lewens verhoudinge oor te dra!
Om n bewyse te kan lewer vir on na geslagte van ons tiepe lewens wyse. THUMBS UP vir die man wat fotografie ontwikkel en bevorder het!

SARIE VAN HEERDEN ·

Mense wil altyd “iets nalaat”. Ek het foto’s van my ouma wat nou 117 jaar oud sou gewees het en wat geneem is toe sy ongeveer 10 jaar oud was. Foto’s van my voorouers toe hul kleintyd speel-speel ‘n skoenboks met ‘n pop in getrek het omdat dit hul enigste “vervoer” was. Sonder fotografie sou ek hierdie nie ook aan MY kleinkinders kon nalaat nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.