Die wêreld in foto’s – 13 April 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Ferrari se Kimi Raikkonen van Finland is in ʼn spieël sigbaar terwyl sy motor tydens die eerste oefensessie vir die Chinese Formule Een Grand Prix by die Shanghai Internasionale Baan in Shanghai in ʼn werkswinkel teruggestoot word. (Foto: Andy Wong, AP)

Lede van die Filippynse dwelmbeheeragentskap staan wag by ʼn huis wat vermoedelik gebruik word vir die vervaardiging van onwettige dwelms in Manila, Filippyne. Twee mans is in hegtenis geneem terwyl polisie beslag gelê het op chemikalieë en masjiene tydens ʼn polisieklopjag in die voortsetting van pres. Rodrigo Duterte se sogenaamde oorlog teen dwelms. (Foto: Aaron Favila, AP)

Palestynse betogers gooi Vrydag Israeliese troepe met klippe tydens ʼn betoging op die Gasastrook se grens met Israel. (Foto: Khalil Hamra, AP)

ʼn Indiese vrou hou ʼn plakkaat vas met ʼn foto van Asifa, ʼn 8-jarige dogtertjie wat haar familie se ponies in die woude van die Himalaja-voetheuwels laat wei het, toe sy ontvoer is en haar verminkte liggaam ʼn week later in die bos in Srinagar, Kasjmir, gevind is. Duisende lede van ʼn radikale Hindoe-groep met bande met die regerende party eis die vrylating van ses mans wat van die herhaalde verkragting en moord op dié Moslem-meisie in ʼn Hindoe-tempel beskuldig word. Honderde Hindoe-prokureurs betoog en hou vol dat die mans, twee van hulle polisiebeamptes, onskuldig is. (Foto: Ajit Solanki, AP)

Gouemedaljewenner Conseslus Kipruto (links), silwermedaljewenner Abraham Kibiwott (middel) en bronsmedaljewenner Amos Kirui, al drie van Kenia, neem Vrydag deel aan die mans 3 000 m hindernis-finaal in die Carrara-stadion tydens die Statebondspele aan die Goue Kus in Australië. (Foto: Dita Alangkara, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.