Die wêreld in foto’s – 13 Augustus 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Australië se James Pattinson (sonder ʼn hoed) deel sy blydskap met sy spanmaats nadat Engeland se Joe Denly uitgeboul is op die tweede dag van die eerste kriekettoets in die Reeks om die As tussen Engeland en Australië op Edgbaston in Birmingham, Engeland. (Foto: Rui Vieira, AP)

Mis en wolke vroegoggend by die geboue in die bankdistrik in Frankfurt, Duitsland. (Foto: Michael Probst, AP)

Franse soldate maak die gebied om die Notre Dame-katedraal in Parys skoon. Owerhede het die gebied om die Notre Dame begin skoonmaak voordat die herstel- en opruimingswerk eerskomende Maandag gaan hervat. (Foto: Lewis Joly, AP)

Een van die besigste lughawens ter wêreld, die Hongkong internasionale lughawe, het alle vlugte gekanselleer nadat duisende betogers Maandagmiddag in die hoofterminaal binnegestorm het. (Foto: Vincent Thian, AP)

Toeriste by die Borobudur-tempel in Magelang, Sentraal-Java, Indonesië. Yogyakarte is ʼn groot trekpleister vir toeriste, insluitend Boeddhiste en Hindoe-tempels wat wêrelderfenis-gehalte is. Die probleem is wel dat talle toeriste steeds hierdie Indonesiese stad verbysteek om na die ontspannende strande van Bali te gaan. (Foto: Slamet Riyadi, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae