Die wêreld in foto’s – 13 Augustus 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Uitgebrande motors noord van Santa Clarita in Kalifornië. (Foto: Ringo H.W. Chiu, AP)

Helikopters is ingespan om die brand in die Angeles- nasionale woud in Kalifornië in bedwang te probeer bring. (Foto: Ringo H.W. Chiu, AP)

ʼn Rookkombers oor die Lake Hughes-omgewing, noord van Santa Clarita in Kalifornië. (Foto: Ringo H.W. Chiu, AP)

ʼn Skoorsteen staan in die puin van ʼn woning terwyl die brand in die Lake Hughes-omgewing steeds voortwoed. (Foto: Noah Berger, AP)

ʼn Uitgebrande voertuig in Pine Canyon-weg terwyl brande woed op ʼn heuwel in die Angeles- nasionale woud in Kalifornië, VSA. (Foto: Noah Berger, AP)

Brandweer blus ʼn kragpaal wat brand in Kalifornië. (Foto: Ringo H.W. Chiu, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.