Die wêreld in foto’s – 13 Desember 2017

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Dr. Bijoy Gogoi, ’n veearts, red ’n luiperd wat in ’n diep put buite Gauhati in Indië geval het. Dié luiperd is ná die heldedaad na ’n dieretuin in Gauhati geneem. (Foto: Anupam Nath, AP)

Pous Francis neem ’n selfie saam met ’n pasgetroude paartjie tydens sy weeklikse algemene gehoor in die Paulus VI-saal in die Vatikaanstad. (Foto: Alessandra Tarantino, AP)

Russiese kubermisdaad-verdagte Alexander Vinnik daag op by die Griekse hooggeregshof in Athene. Vinnik verskyn op aanklagte van geldwassery deur die gebruik van die virtuele geldeenheid, Bitcoin. (Foto: Petros Giannakouris, AP)

Turkse president Recep Tayyip Erdogan verwelkom Koeweit se emir-sjeik Sabah Al-Ahmad Al-Sabah voor die opening van die Organisasie van Islamitiese Samewerking-beraad in Istanboel. Dié beraad kan moontlik die sterkste teenreaksie inhou ten opsigte van president Donald Trump se besluit om Jerusalem as Israel se hoofstad te erken. (Foto: Kayhan Ozer, AP)

Begrafnisgangers woon die begrafnis van ’n Pakistaanse soldaat in Lahore, Pakistan, by. Volgens Pakistan se weermag het militante op ’n weermagvoertuig losgebrand naby die Afgaanse grens, wat die lewe van twee soldate geëis het. (Foto: K.M.Chaudary, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Diereliefhebber ·

Luiperd word gered maar word dan na dieretuin (diere tronk) geneem…?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.