Die wêreld in foto’s – 13 Desember 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Die herfsblare in Shantang se strate in Suzhou, oos-China se Jiangsu-provinsie. (Foto: Hang Xingwei, Xinhua)

Die Huangshan-berg is met ʼn sneeukombers bedek in Huangshan, oos-China se Anhui-provinsie. Dié berg, ook bekend as die “Geelberg”, is ʼn Unesco-wêrelderfenisgebied met ʼn oppervlak van 1 200 km² en is bekend vir sy eienaardig gevormde klippe, hoë pieke en warmwaterbronne. (Foto: Shi Guangde, Xinhua)

ʼn Foto van die Europese Sentrale Bank in Frankfurt, Duitsland, waar Mario Draghi, president van dié bank, Donderdag ʼn mediakonferensie gehou het. (Foto: Michael Probst, AP)

Boyko Borissov, die Bulgaarse eerste minister, daag Donderdag op vir ʼn vergadering voor ʼn EU-beraad in Brussel. EU-leiers vergader Donderdag en Vrydag tydens ʼn tweedaagse beraad wat op Brexit-onderhandelinge sal fokus. (Foto: Francisco Seco, AP)

Mans lojaal aan die Houthi-rebelle hou Donderdag hul wapens vas tydens ʼn byeenkoms om die voortgesette vredesgesprekke oor Jemen in Sanaa, Jemen, te steun. (Foto: Hani Mohammed, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.