Die wêreld in foto’s – 13 Februarie 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Die beeld van deelnemers weerkaats in Ilkka Herola van Finland se bril tydens ’n oefening vir die manlike gekombineerde ski-item by die 2018 Olimpiese Winterspele in Pyeongchang, Suid-Korea. (Foto: Matthias Schrader, AP)

’n Man se gesig is geverf met ’n prentjie van Lord Shiva tydens Maha Shivaratri, ’n Hindoe-fees, by die Pashupatinath-tempel in Kathmandu, Nepal. Dié fees word elke jaar ter ere van Lord Shiva gevier. (Foto: Sunil Sharma, Xinhua)

’n Boer versamel lotusblomme vir die mark in Samroang Tiev naby Phnom Penh, Kambodja. (Foto: Heng Sinith, AP)

’n Groep mense geklee as “Gilles of Binche” kom bymekaar om hul jubilee-medaljes by die stadsaal op die Grand Place te ontvang, tydens die Binche-karnival in Binche, België. Byna ’n 1 000 naragtige kunstenaars bekend as Gilles, dra elkeen ’n hoed bedek met volstruisvere en ’n rooi, geel en swart Middeleeuse kostuum, versier met klokke en kant aan die nek, polse en enkels. Dié karnival word deur UNESCO erken as ’n meesterstuk van die mondelinge en ontasbare erfenis van die mensdom. (Foto: Geert Vanden Wijngaert, AP)

Mense woon die begrafnis van die Pakistanse menseregte-aktivis Asma Jahangir in Lahore by. Pakistan neem afskeid van een van die land se mees vooraanstaande menseregte-aktiviste wat vandeesweek aan ’n hartaanval in dié stad dood is. (Foto: K.M. Chaudary, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.