Die wêreld in foto’s – 13 Februarie 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

In dié oorbeligte foto is modelle besig om skeppings in Li-Ning se Herfs/Winter 2019-versameling tydens die New York-modeweek in New York, VSA, te vertoon. (Foto: Wang Ying, Xinhua)

Lede van die Gyor Ballet Dinsdag tydens ʼn kleedrepetisie van Passage met choreografie deur Laszlo Velekei in Boedapest, Hongarye. Die première van hierdie stuk vind op die 16 Februarie tydens die Boedapest-dansfees plaas. (Foto: Attila Volgyi, Xinhua)

Swane in die botaniese tuin in Genève, Switserland. Volgens die plaaslike weerdiens sal die temperatuur die komende week net meer as 10 °C wees. (Foto: Xu Jnquan, Xinhua)

Golden State Warriors se Kevin Durant teken punte aan teen die Utah Jazz in die tweede helfte van ʼn NBA-basketbalwedstryd Dinsdag in Oakland, Kalifornië. (Foto: Ben Margot, AP)

Kinders keer huiswaarts ná ’n skooldag terwyl hulle kyk na die Arpit Palace Hotel wat Dinsdagoggend afgebrand het in Nieu-Delhi, Indië. ’n Brand het Dinsdag in die vroeë oggendure in dié hotel in die sentrale gebied van Nieu-Delhi uitgebreek en daartoe gelei dat 17 mense dood en minstens vier beseer is. (Foto: Manish Swarup, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

IK ·

Het ‘photo shop’ dalk die Arpit Palace Hotel’ uitgehaal of het dit werklik so afgebrand dat daar absoluut niks oor is ? Voorgaande is natuurlik nie waar.
Die fotografie vir ‘n leek soos ek is absoluut uitstaande, wat egter skort is ‘n kort beskrywing vd kamera wat gebruik is soos naam en model, verdere tegniese besonderhede is nie nodig.

Stripes ·

Lyk vir my meer of die modelle uitrusting vir brandweermanne ten toon stel

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.