Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

You Young van Suid-Korea tree op tydens die ISU Vier Kontinente-ysskaatskampioenskap in Seoel, Suid-Korea. (Foto: Lee Jin-man, AP)

ʼn Man ry op ʼn ossewa tydens ʼn kompetisie by Nay Young Pya Inn Pagoda, aan die buitewyke van Naypyitaw, Mianmar. (Foto: Aung Shine Oo, AP)

ʼn Snelboot vervoer monsters van passasiers aan boord die MS Westerdam, buite Kambodja, wat gekla het van maagpyn of koors. Dié skip is deur die Filippyne, Taiwan, Japan én Thailand weggewys, uit vrees dat passasiers met die koronavirus besmet is. Geeneen van die 2 200 passasiers en bemanning het egter nog positief getoets vir dié virus nie. (Foto: Heng Sinith, AP)