Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
David Cameron verlaat sy ampswoning, 10 Downing Street, in Londen, om vir sy laaste keer as eerste minister aan ʼn vraagsessie in die Britse parlement deel te neem. Cameron oorhandig daarna sy pligte aan sy opvolger, Theresa May. Foto: Kirsty Wigglesworth/ wire.africannewsagency.com
Die wêreldwye uitsending van die debat vir die volgende sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, gehou by die VN-hoofkwartier in New York, VSA. Dit was die eerste keer in geskiedenis dat die VN se verkiesingsdebat wêreldwyd uitgesaai is, met tien van die 12 kandidate wat die geleentheid kon bywoon. Diplomate sowel as die publiek kon vrae stel. Foto: Xinhua/Li Muzi/wire.africannewsagency.com
Pres. Barack Obama lewer ʼn toespraak tydens roudiens van vyf polisielede in Dallas, Texas. Obama het Dinsdag ʼn beroep gedoen op betogers, polisielede en die publiek om hul vooroordele te laat vaar en hul harte oop te maak in die stryd teen geweld en rassisme in die VSA. Foto: Xinhua/Xu Xun /wire.africannewsagency.com
Betogers in Kasjmir maak beswaar in die buitewyke van Srinagr, ʼn dorpie in die Indies-beheerde Kasjmir ná die moord op Burhan Wani, operasionele hoof van Hizbul Mujahideen, Kasjmir se grootste rebelle groep. Aandklokreëls het vir die vyfde nag opeenvolgend gegeld in ʼn poging om verdere geweld in die betwiste Himalaja-streek te voorkom. Anti-Indiese geweld het Vrydag uitgebars. Die plakkate lui: “Ons het Kasjmir met ons bloed gevoed, dit behoort aan ons,” “Dit is ons nasie, sal ons sy lot bepaal” en “Vryheid is ons reg.” Foto: Dar Yasin /wire.africannewsagency.com
Roubeklaers byeen op die toneel waar die Kambodjaanse regeringskritikus Kem Ley se lyk geplaas is, tydens ʼn begrafnisseremonie in Phnom Penh, Kambodja. ʼn Voormalige Kambodjaanse soldaat is aangekla van die moord op Kem Ley. Foto: AP Photo/Heng Sinith/wire.africannewsagency.com
ʼn Feesganger vlug voor ʼn bul op die sewende dag van die San Fermin-fees in Pamplona, Spanje. Verskeie mense is vanjaar beseer toe hulle voor die bulle moes vlug. ʼn Amerikaner is in die linker been gegaffel en vier ander deelnemers is gehospitaliseer. Feesgangers van reg oor die wêreld stroom jaarliks na Pamplona om deel te neem aan die bulstormloop. Foto: Alvaro Barrientos/wire.africannewsagency.com
ʼn Eksperimentele sonkrag-aangedrewe vliegtuig kort nadat dit in Kaïro, Egipte, geland het. Die eksperimentele vliegtuig, die “Solar Impulse 2”, het Maandag vanuit Sevilla in Spanje vertrek en het Woensdag in Kaïro geland. Foto: AP Photo/Mohamed Elraai/wire.africannewsagency.com
ʼn Jong gimnas oefen by die Xuhui-sportskool in Sjanghai, China. Die skool is ʼn verteenwoordiger van die staatsbeheerde sportopleidingstelsel wat in die 1950’s in China gestig is met die doel van Olimpiese gouemedaljewenners en wêreldkampioene op te lewer. Kritici van dié stelsel het intussen hul stemme begin dik maak as gevolg van genadelose opleidingsprogramme en oneerlike praktyke soos die uitbuiting van jong atlete. Foto: Xinhua/Wang Jianwei/wire.africannewsagency.com
Paul McCartney Dinsdag besig met ʼn oprtrede tydens die “One on One Tour”-konsert in die Citizens Bank Park in Philadelphia. Foto: Michael Zorn/Invision/AP/wire.africannewsagency.com
Siberiese tiere vang ʼn hoender by die Siberiese-tierpark in die Hengdaohezi-gebied van Hailin, ʼn stad in die Heilunkiang-provinsie in die noordooste van China. As een van die wêreld se grootste kunsmatige teelsentrums vir Siberiese tiere dien die park as tuiste vir meer as 400 van dié bedreigde tier-spesies. Elke jaar word daar meer as 50 tierwelpies in die park gebore. Foto: Xinhua/Wang Jianwei/wire.africannewsagency.com