Die wêreld in foto’s – 13 Julie 2017

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Die son kom op oor die Potomac-rivier in Alexandria in Virginia in die VSA. Na verwagting is dit een van die warmste dae hierdie jaar in dié omgewing. (Foto: J. David Ake, AP)

ʼn Groep fietsryers tydens die twaalfde skof van die Tour de France-fietswedren. (Foto: Peter Dejong, AP)

ʼn Baba word van ʼn skip af gedra nadat hy deur ʼn Spaanse niewinsgewende organisasie gered is. Volgens berigte is daar tans tien skepe met meer as 7 300 migrante wat uit Libië gered is op pad na hawens in Italië. (Foto: Montana/ANSA, AP)

Inwoners van Peshwar in Pakistan red hul besittings ná hul huis ineengestort het weens swaar reën. ʼn Waarskuwing vir vloede is uitgereik nadat sewe mense hul lewens verloor het. Die swaar reën is vanweë die moeson (reënseisoen) wat verskeie dele in Pakistan beïnvloed. (Foto: Muhammad Sajjad, AP)

Petro Poroshenko, die Oekraïne se president (regs), Donald Tusk, president van die Europese Raad (links), en Jean-Claude Juncker, president van die Europese Kommissie, by ʼn informele vergadering in Kiëf, Oekraïne. (Foto: Mikhail Palinchak/Presidential Press Service Pool, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.