Die wêreld in foto’s – 13 Julie 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Deelnemers tydens die bulwedloop by die Sanfermin-fees in Pamplona, Noord-Spanje. Feesgangers van reg oor die wêreld stroom elke jaar na Pamplona waar waaghalsiges agt dae lank die geleentheid kry om aan die bulwedloop en stiergevegte deel te neem. (Foto: Alvaro Barrientos, AP)

Die Suid-Koreaanse president, Moon Jae-in, groet die gehoor voor die 42ste Singapoer-lesing by die Instituut vir Suid-Oos Asiatiese Studies (ISEAS). Pres. Moon het Vrydag die Amerikaanse president, Donald Trump, en die Noord Koreaanse leier, Kim Jong-oen, aangespoor om harder te werk om eindelik ‘n deurbraak in hul kernonderhandelinge te maak. (Foto: Yong Teck Lim, AP)

Lede van die Jammu- en Kasjmiri-polisie staan in ‘n erewag by die Martelaar se begraafplaas in Srinagar, Kasjmir. Dié land vier elke jaar op 13 Julie Martelaarsdag ter nagedagtenis aan die dag toe die streek se Hindoe-koning beveel het om meer as 20 Kasjmiri-Moslems tereg te stel in ‘n poging om ’n einde te bring aan die opstand van 1931. (Foto: Dar Yasin, AP)

Philip May, die eggenoot van die Britse eerste minister, Theresa May, gesels met die Amerikaanse presidentsvrou, Melania Trump, tydens hul ontmoeting met Britse militêre veterane, bekend as die “Chelsea-pensioenarisse” by die Chelsea Royal-hospitaal in Londen. Dié pensioenarisse, bekend vir hul skarlakenrooi jasse en tricorne-hoede, is ‘n gekoesterde Britse instelling en kan gereeld by parades, staatsgebeurtenisse en ander groot geleenthede gesien word. (Foto: Luca Bruno, AP)

Ondersteuners van die voormalige Pakistanse eerste minister, Nawaz Sharif, tydens ‘n optog in Peshawar, Pakistan. Die ongewilde Sharif vlieg Vrydag per helikopter vanaf Londen na Pakistan om sy vonnis van 10 jaar uit te dien op aanklagte van korrupsie, het teenkorrupsie-amptenare gesê. (Foto: Muhammad Sajjad, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.