Die wêreld in foto’s – 13 Junie 2016

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

wire.africannewsagency.com

Mense kom byeen ter gedagtenis aan die 50 slagoffers wat in ʼn klub in Orlando in die Amerikaanse deelstaat Florida doodgeskiet is. Foto: Xinhua/Liang sen/ wire.africannewsagency.com

wire.africannewsagency.com

Die 11-jarige Nizam werk in ʼn metaalfabriek in Dhaka, Bangladesj. Hy verdien minder as vyf dollar per week. Gister, 12 Junie, is die internasionale dag teen kinderarbeid, wat in 2002 deur die internasionale arbeidsorganisasie begin is, gevier. Foto: AP / A.M. Ahad / wire.africannewsagency.com

wire.africannewsagency.com

ʼn Fisiek gestremde meisie wag vir haar dokter by die ortopediese sentrum van die Rooikruis se internasionale komitee in Afghanistan. Dié sentrum voorsien oorlogslagoffers van kunsledemate en rehabilitasie. Ongeveer 600 burgerlikes is in die eerste kwartaal van die jaar gedood en 1 340 mense gewond in aanvalle gelei deur die Taliban. Foto: Xinhua / Nasim Seyamak / wire.africannewsagency.com

wire.africannewsagency.com

Die begrafnis van Shen Liangliang (29) in sy tuisdorp Wenxian, in China se Henan-provinsie. Shen was ʼn lid van die VN-vredesmag en is dood tydens ʼn terreuraanval in Mali. Foto: Xinhua / Zhu Xiang / wire.africannewsagency.com

wire.africannewsagency.com

ʼn Stelsel wat ingespan word in die voorkoming van vure word getoets tydens ʼn oefening by die Sanya- maritieme soek- en reddingsentrum in die Chinese se stad Sanya. Xinhua / Yang Guanyu / wire.africannewsagency.com

wire.africannewsagency.com

Lugballonne in vlug tydens die 21ste internasionale tydren in Velikie Luki, Rusland. Foto: Xinhua / Pavel Bednyakov / wire.africannewsagency.com

wire.africannewsagency.com

ʼn Ondersteuner besig om fees te vier ná ʼn Amerikaanse voetbalwedstryd tussen Peru en Brasilië in Foxborough, Massachusetts, in die VSA. Peru het die wedstryd gewen. Foto: Xinhua / Li Muzi / wire.africannewsagency.com

wire.africannewsagency.com

Mense in Lissabon, Portugal, besig met viering van die dag van die heilige Antonius van Padua, ook bekend as die beskermheilige van Lissabon. Foto: Xinhua / Zhang Liyun / wire.africannewsagency.com

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.