Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Reddingswerkers Dinsdag besig om die wrak van ʼn veerboot wat in ʼn rivier naby Dhaka in Bangladesj omgeslaan het, uit die water te lig. Foto: AM Ahad, AP

ʼn Brand het Dinsdag by die Singapore Refining Company op die Jurong-eiland in Singapoer uitgebreek. Foto: Xinhua

Reddingswerkers op die terrein waar ʼn gebou in Nairobi, Kenia, Maandagnag ineengestort het. Minstens tien mense word steeds vermis ná die voorval. Foto: Khalil Senosi, AP
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
3 Kommentare
By die laaste (onderste) foto ruil ‘is dood’ om na ‘dood is’.
HOUTOOG EN jANIE.
Dankie vir die uitwys van foute en Janie, die regstelling daarvan. Ekt dit nie eens agtergekom nie. Mens se oog vang nie altyd die klein foutjies nie, ons moet maar net die pragtige foto’s geniet. Daar is so min dinge wat genietbaar is deesdae. (Is daar ‘n woord soos genietbaar?)