Die wêreld in foto’s – 13 Junie 2017

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Reddingswerkers Dinsdag besig om die wrak van ʼn veerboot wat in ʼn rivier naby Dhaka in Bangladesj omgeslaan het, uit die water te lig. Foto: AM Ahad, AP

ʼn Brand het Dinsdag by die Singapore Refining Company op die Jurong-eiland in Singapoer uitgebreek. Foto: Xinhua

Reddingswerkers op die terrein waar ʼn gebou in Nairobi, Kenia, Maandagnag ineengestort het. Minstens tien mense word steeds vermis ná die voorval. Foto: Khalil Senosi, AP

Polisiebeamptes Dinsdag by die ondergrondse treinstasie in München, Duitsland, waar ʼn skietvoorval plaasgevind het waarin ʼn vrouepolisiebeampte ernstig gewond is. Die verdagte is in aanhouding. Foto: Sven Hoppe, AP

ʼn Vrou van Bandarban in Bangladesj treur oor gesinslede wat hul lewe in ʼn grondstorting verloor het. Swaar reën was die oorsaak van dié storting waarin tientalle mense dood is. Foto: AP

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Houtoog ·

By die laaste (onderste) foto ruil ‘is dood’ om na ‘dood is’.

Janie Monsieur ·

Dagsê Houtoog,
Dankie vir jou kommentaar. Jammer vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Janie nms. Maroeal Media

SARIE VAN HEERDENS ·

HOUTOOG EN jANIE.
Dankie vir die uitwys van foute en Janie, die regstelling daarvan. Ekt dit nie eens agtergekom nie. Mens se oog vang nie altyd die klein foutjies nie, ons moet maar net die pragtige foto’s geniet. Daar is so min dinge wat genietbaar is deesdae. (Is daar ‘n woord soos genietbaar?)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.