Die wêreld in foto’s – 13 Junie 2018

Foto’s bied ’n blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ’n slag.

Die Russiese president, Wladimir Poetin, op die verhoog by die FIFA-kongres op die vooraand van die opening van die 2018 Wêreldbeker-sokkertoernooi in Moskou, Rusland. (Foto: Pavel Golovkin, AP)

Die Amerikaanse president, Donald Trump, klim uit Air Force One toe hy Woensdag by die Andrews-lugmagbasis vanaf Singapoer land. Dit volg ná sy ontmoeting met die Noord-Koreaanse leier, Kim Jong-oen. (Foto: Alex Brandon, AP)

Pous Franciskus waai vir gelowiges ná sy weeklikse oudiënsie op St. Petrusplein in die Vatikaanstad. (Foto: Riccardo De Luca, AP)

Filippo Grandi, die Verenigde Nasies se hoëkommissaris vir vlugtelinge, tydens ’n voorlegging van UNHCR se verslag oor wêreldwye neigings op gedwonge verplasing tydens ’n mediakonferensie by die Europese hoofkantoor van die Verenigde Nasies in Genève, Switserland. (Foto: Salvatore Di Nolfi, AP)

Heiko Maas, die Duitse minister van justisie, woon Woensdag die weeklikse kabinetsvergadering van die Duitse regering by die kanselier in Berlyn by. (Foto: Markus Schreiber, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.