Die wêreld in foto’s – 13 Maart 2017

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

wereld-foto-1

Betogers skiet vuurwerk af in die lug tydens ʼn optog in Seoel, Suid-Korea. Suid-Korea se president, Park Geun-hye, is van haar pligte onthef ná ʼn korrupsieskandaal. Foto: Ahn Young-joon, AP

wereld-foto-6

ʼn Straatverkoper in Kaboel, Afganistan, dra brood op sy kop. Foto: Rahmat Gul, AP

wereld-foto-9

Meer as 600 motors is uitgestal tydens ʼn motorskou in Meksikostad. Dié geleentheid is ter wille van liefdadigheid gereël. Foto: Francisco Canedo, Xinhua

wereld-foto-7

ʼn Hoender genaamd “Prince Peep” dra ʼn trui wat deur inwoners van ʼn tehuis vir bejaardes in Massachusetts, VSA, gebrei is. Dié inisiatief is deel van ʼn opvoedingsprogram wat deur ʼn niewinsgewende organisasie bedryf word. Foto: Steven Senne, AP

wereld-foto-8

Roger Federer van Switserland waai vir ondersteuners ná hy Stephane Robert van Frankryk met 6-2, 6-1 verslaan het tydens die BNP Paribas-tennistoernooi in Kalifornië. Mark J. Terrill, AP

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Johann ·

MAROELA: is daar dan nooit n geleentheid aan ons eie oewers wat in hierdie segmemt geplaas kan/mag word nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.