Die wêreld in foto’s – 13 Maart 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

’n Boer lei blomme nat in Qianhenan in Oos-China se Shandong-provinsie. Boere is besig met die soort werk wat die vroeë lente vereis. (Foto: Zhao Dongshan, Xinhua)

Afgevaardigdes van etniese minderhede verlaat Dinsdag die groot volksaal ná afloop van ʼn sitting van China se nasionale volkskongres (NPC) in Beijing. Die teenkorrupsieveldtog van dié land se pres. Xi Jinping gaan moontlik ʼn groot hupstoot kry aangesien die seremoniële wetgewer besig is om ʼn nuwe agentskap te vestig wat beheer oor ʼn groot aantal werkers in die openbare sektor sal kry. (Foto: Andy Wong, AP)

Switserland se Michelle Gisin Dinsdag besig om voor te berei vir ʼn ski-item as deel van die Wêreldbeker-toernooi in Are, Swede. (Foto: Alessandro Trovati)

Hindoes Dinsdag besig om te bid en te bad op die oewer van die Ganges-rivier in Varanasi, Indië. Varanasi, bekend as die stad van tempels en onderrig, is een van die heiligste pelgrimstog-bestemmings vir Hindoes. (Foto: Rajesh Kumar Singh, AP)

ʼn Kind voer ʼn Asiese olifant vrugte tydens ʼn olifantbuffet wat op die Thaise nasionale olifantdag in Ayutthaya, Thailand, aangebied word. Thailand het Dinsdag dié dag gevier met verskeie aktiwiteite om openbare bewusmaking vir die bewaring van olifante en hul habitat te kweek. (Foto: Rachen Sageamsak, Xinhua)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.