Die wêreld in foto’s – 13 Maart 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Water drup uit ’n kraan terwyl inwoners van Mandaluyong, Manila in die Filippyne, houers water na hulle huise dra. Dele van Manila gaan gebuk onder watertekorte as gevolg van die volgehoue daling van watervlakke by die La Mesa-dam. (Foto: Aaron Favila, AP)

’n Werker heg ’n naamplaatjie van ’n Boeddhis aan ’n lantern nadat hy ʼn donasie gemaak het vir die komende vieringe van Boeddha se geboortedag op 12 Mei by die Jogye tempel in Seoel, Suid-Korea. Soortgelyke lanterns gaan in al die Boeddhistiese tempels oral in Suid-Korea vir die publiek uitgestal word. (Foto: Ahn Young-joon, AP)

Rapper Travis Scott tree op by Capital One Arena in Washington. (Foto: Brent N. Clark, AP)

Die 11de Panchen Lama Bainqen Erdini Qoigyijabu, ’n lid van die Nasionale Komitee van die Chinese Politieke Raadgewende Konferensie (CPPCC), arriveer vir die afsluiting van die CPPCC by die Groot Saal van die Mense in Beijing. (Foto: Andy Wong, AP)

Denver Nuggets se hoofafrigter, Dan Shimensky (regs), gaan na Torrey Craig, wat tydens die tweede helfte van die span se NBA basketbalwedstryd teen Minnesota se Timberwolves beseer is. (Foto: David Zalubowski, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.