Die wêreld in foto’s – 13 Mei 2016

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

1. Pakistanse vlugtelingkinders speel in Teheran, Iran. Foto: Xinhua/Ahmad Halabisaz

2. Susannah Mushatt Jones (116), die wêreld se oudste mens, is vandag oorlede in Brooklyn, New York.  Foto: AP Photo/Richard Drew, File

3. Verskeie lanterns word in Seoel, Suid-Korea, gehang ter voorbereiding vir Boeddha se verjaardag op 14 Mei. Foto: AP Photo/Lee Jin-man

4. Kimi Raikkonen van Ferarri ry ʼn oefenronde by die Catalunya-renbaan in Montmelo, buite Barcelona, Spanje. Foto: AP Photo/Manu Fernandez

5. Die Britse premier, David Cameron, verwelkom president Michelle Bachelet van Chili vir ʼn vergadering by Downingstraat 10 in Londen. Foto: AP Photo/Kirsty Wigglesworth

6. Die akteur, Orlando Bloom, kom by die voorskou van die rolprent Last Days in the Desert by Laemmle’s Royal-teater aan. Foto: Chris Pizzello/Invision/AP

7. Natalia Ishchenko en Svetlana Romashina van Rusland neem deel aan die gesinchroniseerde swemfinaal by die Europese watersport-kampioenskap in Londen. Foto: Nigel French/PA via AP

8. Die Spaanse matador, Miguel Angel Silva, kom uit ʼn kapel voordat hy die kryt betree vir ʼn stiergeveg in Las Ventas, Madrid, Spanje. Foto: AP Photo/Francisco Seco

9. Soldate van die Chinese People’s Liberation-vloot kyk hoe die USS Blue Ridge by die hawe in Shanghai aankom. Foto: AP Photo, Fileʼn Groep onderwysers neem deel aan ’n tai chi-kompetisie in die Wenxian-distrik, Sjina. Foto: Xinhua/Zhou Shuanglin.

10. ʼn Groep onderwysers neem deel aan ’n tai chi-kompetisie in die Wenxian-distrik, China. Foto: Xinhua/Zhou Shuanglin

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Annick ·

Baie dankie! Dis baie interessant. Die kort beskrywings onderaan help darem om te weet waaroor dit gaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.