Die wêreld in foto’s – 13 Mei 2019

Foto’s bied ’n blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ’n slag.

’n Swaeltjie vlieg oor ’n koringveld aan die buitewyke van Frankfurt, Duitsland. (Foto: Michael Probst, AP)

’n Passasiersvliegtuig land tydens ’n toetsvlug by die nuwe Beijing Daxing Internasionale Lughawe. Dié nuwe lughawe is 46 km buite die Beijingse middestad geleë en sal na verwagting voor September vanjaar in gebruik geneem word. (Foto: Ng Han Guan, AP)

Die Amerikaanse sangeres en aktrise Cher (middel) in aksie gedurende die “Here We Go Again”-toer by die Fiserv Forum in Milwaukee. (Foto: Rob Grabowski, AP)

Basketbal-ondersteuners buite die Maple Leaf-plein moedig die Toronto Raptors aan voor die span se oorwinning oor die Philadelphia 76ers tydens die NBA-basketbal-halfeindronde gister in Toronto. (Foto: Tijana Martin, AP)

Sung Kang van Suid-Korea ná sy oorwinning in die Byron Nelson-gholftoernooi in Dallas in die VSA. (Foto: Richard W. Rodriguez, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Bertie ·

Maroela, baie, baie dankie vir die PRAGFOTO’S wat julle hier laai; ek geniet dit vreeslik; dankie ook vir jul gedagte vir die dag; !! groete aan jul almal.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.