Die wêreld in foto’s – 13 Mei 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Sedert die uitbreking van Covid-19 het lande wêreldwyd sosiale distansiëring aangemoedig of algehele landwye afsonderingstydperke ingestel. België het intussen die landwye afsonderingstydperk gedeeltelik begin ophef.

Dié afsonderingstydperk het egter talle Europese lande se somertoerismeseisoen omvergegooi.

Só lyk Brugge, ʼn stad in België, sedert die afsonderingstydperk gedeeltelike opgehef is.

Huise weerkaats in die water in Brugge, België. (Foto: Virginia Mayo, AP)

Twee duiwe vlieg oor ʼn kanaal in Brugge, België. (Foto: Virginia Mayo, AP)

Tradisionele huise langs ʼn kanaal in Brugge, België. (Foto: Virginia Mayo, AP)

ʼn Leë straat in Brugge, België. (Foto: Virginia Mayo, AP)

ʼn Vrou loop op die Markplein in Brugge, België. (Foto: Virginia Mayo, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.