Die wêreld in foto’s – 13 November 2017

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Vroue produseer saffraan tydens die Saffraanfees in Herat in Afghanistan. (Foto: Hamed Sarfarazi, AP)

Pres. Donald Trump van die VSA en pres. Rodigro Duterte van Filippyne gedurende ʼn bilaterale vergadering by die 31ste Beraad van die Vereniging van die Suidoos-Asiatiese Nasies. (Foto: Rolex dela Pena, AP)

ʼn Meisie hardloop tussen gelukbringers wat Kersvieringe by ʼn pretpark in Seoel in Suid-Korea bemark. (Foto: Lee Jin-man, AP)

ʼn Motor lê onder ʼn hoop puin nadat ʼn aardbewing dele van Iran geruk het. Meer as 330 mense is in die aardbewing dood en die finale dodetal is nog nie bevestig nie. (Foto: Pouria Pakizeh, AP)

ʼn Vrou van Indonesië, Siti Aisyah, word deur polisiebeamptes vergesel terwyl sy die hof in Shah Alam in Maleisië verlaat. Sy word mede-aangekla dat sy Kim Jong-Nam, die vervreemde halfbroer van Noord-Korea se leier, Kim Jong-Oen, vermoor het. (Foto: Sadiq Asyraf, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.