Die wêreld in foto’s – 13 November 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

’n Pakistanse meisie gaan Dinsdag skool in Islamabad. Miljoene meisies in dié land gaan nie skool nie aangesien die regering minder geld aan onderwys bestee. (Foto: B.K. Bangash, AP)

Youyou die panda speel buite na sneeu by die Yabuli pandahuis in die noordooste van China se Heilongjiang-provinsie geval het. Youyou (10) het in 2016 duisende kilometers vanaf Sichuan-provinsie na Yabuli gekom. (Foto: Cao Jiyang, Xinhua)

’n Nepalese vrou aanbid Dinsdag die son wat sak aan die oewer van die Bagmatirivier tydens die Chhath Puja-fees in Katmandu, Nepal. (Foto: Niranjan Shrestha, AP)

Die bome gooi skadu’s by die Tverskoy-boulevard in Moskou, Rusland. (Foto: Alexander Zemlianichenko, AP)

’n Werker loop Dinsdag verby ’n tent vóór ’n seremonie waar die hoeksteen gelê sal word vir die nuwe moskee-gebou van die Ahmadiyya-Moslemgemeenskap in Marbach naby Erfurt, Duitsland. (Foto: Jens Meyer, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.