Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Hindoe-priesters draai tradisionele olielampe in sirkelbewegings tydens hul oggendritueel langs die Ganges-rivier in Varanasi, Indië. Varanasi is een van die oudste stede ter wêreld waar miljoene Hindoe-pelgrims jaarliks vergader. (Foto: Rajesh Kumar Singh, AP)

Rampbestuurspanne is gister in New Hanover naby Pietermaritzburg ontplooi waar ʼn tornado verwoesting in die gebied gesaai het. (Foto: ANA)

Pous Franciskus glimlag by sy aankoms op die St. Petrus-plein in die Vatikaan vir sy weeklikse oudiënsie. Hy het in sy rede onder meer die kwessie van antisemitisme aangeraak. (Foto: Gregorio Borgia, AP)

ʼn Siriese man, bekend as Hassan F (tweede van regs), word deur polisiebeamptes begelei na die hof in Boedapest, Hongarye. Volgens aanklaers was dié 27-jarige man aandadig aan die onthoofding van ʼn godsdienstige leier in Al-Sukhnah in die Homs-provinsie in Sirië. Hy was glo ook betrokke by die moord op 25 minstens mense. (Foto: Zsolt Szigetvary, AP)

Vloedwater in die St. Markus-basilika in Venesië. Dinsdagmiddag laat het hooggety die 187 cm-merk op die oorstroomde St. Markus-plein in dié Italiaanse stad bereik. Meer as 85% van die stad was oorstroom. Die hoogste vlak wat nóg aangeteken is, was 194 cm tydens die oorstroming in 1966. (Foto: Luca Bruno, AP)
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
2 Kommentare
Dis nou sleg van Venesië en ons vlieg juis eerskomende Vrydag soontoe vir my man se verjaarsdag op 17 November 2019.
Dankie vir pragtige foto’s en inligting – ek leer baie!