Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

ʼn Thaise vrou reageer ná sy die nuus ontvang dat koning Bhumibol (88) van Thailand oorlede is. Dié koninklike het die langste regeer in die geskiedenis van monargieë. Foto: Wason Wanichakorn/AP

Universiteitstudente in Bogota, Colombia, eis vrede tussen die regering en rebelle tydens ʼn optog deur die stad. Foto: Fernando Vergara/AP

Die Koninklike Sweedse Akademie vir Wetenskap het Donderdag die Nobelprys vir Letterkunde aan die legendariese Amerikaanse sanger, Bob Dylan, toegeken. Dylan het die prys ontvang vir sy bydrae tot “nuwe poëtiese uitdrukkings binne die Amerikaanse liedjietradisie”. Foto: /Matt Sayles/AP
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
1 Kommentaar
2-0? Het hulle sokker gespeel?;-)