Die wêreld in foto’s – 13 Oktober 2016

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

wêreld-foto

ʼn Thaise vrou reageer ná sy die nuus ontvang dat koning Bhumibol (88) van Thailand oorlede is. Dié koninklike het die langste regeer in die geskiedenis van monargieë. Foto: Wason Wanichakorn/AP

wêreld-foto

Universiteitstudente in Bogota, Colombia, eis vrede tussen die regering en rebelle tydens ʼn optog deur die stad. Foto: Fernando Vergara/AP

wêreld-foto

Die Koninklike Sweedse Akademie vir Wetenskap het Donderdag die Nobelprys vir Letterkunde aan die legendariese Amerikaanse sanger, Bob Dylan, toegeken. Dylan het die prys ontvang vir sy bydrae tot “nuwe poëtiese uitdrukkings binne die Amerikaanse liedjietradisie”. Foto: /Matt Sayles/AP

wêreld-foto (3)

Andy Murray van Brittanje het Lucas Pouille van Frankryk met 2-0 geklop tydens die Sjanghai Meesters-toernooi. Foto: Xinhua/Fan Jun (wll)

wêreld-foto (4)

ʼn Model vertoon ʼn skepping uit Mukzin se klerereeks tydens die Sjanghai-modeweek in die ooste van China. Foto: Xinhua/Guo Changyao) (yxb)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.