Die wêreld in foto’s – 13 September 2016

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

wire.africannewsagency.com

Mark Carney, hoof van die Bank van Engeland, hou ʼn nuwe plastiek £5-noot vas tydens ʼn besoek aan die Whitecross-straatmark in Londen. Volgens die Bank van Engeland is dié polimeernoot sterker as ʼn papiernoot en sal dit ongeveer vyf jaar langer hou. Foto: Jonathan Brady/PA via AP)wire.africannewsagency.com

wire.africannewsagency.com

Brandbestryders spook om ʼn brand te blus by ʼn houtaanleg in Lemoyne, Pennsilvanië in die VSA. Verskeie geboue staan in ligte laaie. Foto: Sean Simmers/PennLive.com via AP/wire.africannewsagency.com

wire.africannewsagency.com

President Edgar Lungu word ingesweer tydens sy inhuldiging in Lusaka, Zambië. Lungu is verlede maand herverkies as president van Zambië. Verskeie leiers soos Robert Mugabe van Zimbabwe en Ian Khama van Botswana het dié inhuldiging bygewoon. Foto: (AP Photo/Moses Mwape) wire.africannewsagency.com

wire.africannewsagency.com

ʼn Aanhanger word deur sekuriteitsbeamptes platgeduik tydens ʼn NFL-voetbalwedstryd tussen San Francisco 49ers en Los Angeles Rams in Kalifornië in die VSA. Foto: (AP Photo/Tony Avelar, File) wire.africannewsagency.com

wire.africannewsagency.com

Vissermanne verkoop vis by ʼn mark naby Dianchi-meer in Kunming, China. Die visvang-seisoen het amptelik by dié meer geopen. Vanjaar sal die seisoen in twee periodes verdeel word: tussen 13 en 24 September mag groot visse gevang word, en van 29 September tot 23 Oktober mag garnale gevang word. Foto: Xinhua/Lin Yiguang (wyo)/wire.africannewsagency.com

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Kevin B Skea ·

Hou baie van die photos, Plastik geld waar gaan ons geld een?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.