Die wêreld in foto’s – 14 Augustus 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Fiona, ʼn Bernse Sennenhond by ʼn begrafnisonderneming in New York, het die toets geslaag om dié onderneming se een miljoenste “goeie burger” te word. Volgens haar eienares, Nora Pavone, bring Fiona haar dae deur om mense by die Pavone-gesin se Brooklyn-begrafnisonderneming te troos. (Foto: Nora Pavone, AP)

FC Barcelona se Antoine Griezmann (links) hardloop na die bal terwyl Arsenal se doelwagter Bernd Leno verdedig tydens die Joan Gamper-trofeesokkerwedstryd tussen FC Barcelona en Arsenal by die Camp Nou-stadion in Barcelona, Spanje. (Foto: Joan Monfort, AP)

Sri Lanka se kaptein Dimuth Karunaratne (regs) in aksie teen Nieu-Seeland se kaptein Kane Williamson (links) tydens die eerste dag van die eerste krieketwedstryd tussen Sri Lanka en Nieu-Seeland in Galle, Sri Lanka. (Foto: Eranga Jayawardena, AP)

Chicago Cubs se Cole Hamels gooi die bal tydens die eerste skof van die bofbalwedstryd teen die Cincinnati Reds in Cincinnati. (Foto: John Minchillo, AP)

Panda Meng Meng eet ʼn bamboesstokkie in ʼn dieretuin in Berlyn, Duitsland. Dié Berlynse dieretuin het aangekondig dat Meng Meng waarskynlik swanger is nadat sy ʼn paar maande gelede kunsmatig bevrug is. (Foto: Michael Sohn, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.