Die wêreld in foto’s – 14 Desember 2017

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Boris Johnson, die Britse buitelandse-sekretaris, en Gavin Williamson, die verdedigingsekretaris, stap saam met hul Japanese eweknieë, verdedigingsminister Itsunori Onodera en buitelandse minister Taro Kono, by die Nasionale Maritieme Museum in Londen. Dié ontmoeting is deel van gesprekke rondom sekuriteit en verdediging-samewerking. (Foto: Andre Matthews, AP)

Chris Froome, Tour de France-kampioen van Brittanje, saam met sy spanmaats gedurende ’n oefensessie in Palma de Mallorca op die Baleariese eilande van Mallorca, Spanje. Froome hou vol dat hy onskuldig is nadat hy ’n dwelmtoets gedruip het. (Foto: Joan Llado, AP)

Roubeklaers hou foto’s van hul geliefdes vas terwyl hulle die nasionale gedenkdiens van die Grenfell-toring verlaat. Dié gedenkdiens word gehou ter nagedagtenis van die 71 mense wat in Junie in brand in die Grenfell-toring oorlede is. (Foto: Gareth Fuller, AP)

Europese raadspresident Donald Tusk kom by die Europese Unie se hoofkantoor aan voor ’n Europese Unie-beraad in Brussel, België. (Foto: Xinhua/Ye Pingfan)

Die Russiese president, Wladimir Poetin, luister na ’n joernalis se vraag gedurende sy jaarlikse konferensie in Moskou, Rusland. (Foto: Mikhail Klimentyev, Sputnik, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.