Die wêreld in foto’s – 14 Februarie 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

’n Hindoe- heilige met die naam van die Hindoe- heer Ram op sy voorkop geskryf, bid by die Umananda, ’n rivier-eiland in die Brahmaputra waar ’n Shiva-tempel is, tydens die Shivaratri-fees in Gauhati. Dié fees, ook bekend as die nag van Shiva, word ter ere aan dié Hindoe-god van dood en vernietiging, met gebed gevier. (Foto: Anupam Nath, AP)

Eric Frenzel, ’n goue-medalje wenner van Duitsland, poseer vir ’n foto ná ’n 10 km ski-item op die 2018 Olimpiese Winterspele in Pyeongchang, Suid-Korea. (Foto: Matthias Schrader, AP)

’n Man kniel op Valentynsdag voor ’n meisie op die Brug van Liefde in Kief in die Oekraïne. (Foto: Efrem Lukatsky, AP)

Prins Harry van Brittanje en sy pa prins Charles groet mekaar Woensdag by ’n vergadering oor koraalriwwe in die Fishmongers-saal in Londen, Engeland. Hul het afsonderlik by dié geleentheid opgedaag. Dié samekoms, “Die Internasionale Jaar van die Rif” is gereël deur prins Charles se internasionale volhoubaarheidseenheid. (Foto: Matt Dunham, AP)

’n Verkoper berei Woensdag versierings vir die Chinese Nuwejaar in ’n winkel in Phnom Penh, Kambodja, voor. Vir die meerderheid van dié land se inwoners is dit tradisisie om die Chinese Nuwejaar, ook bekend as die Lente-fees, te vier aangesien baie Kambodjane Chinese voorvaders het. Party glo ook dat die fees geluk vir hul ondernemings sal bring. (Foto: Sovannara, Xinhua)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.