Die wêreld in foto’s – 14 Februarie 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

’n Sjinese man dra ’n bos rose vir Valentynsdag wat hy by ’n blommemark in Beijing gekoop het. Alhoewel Valentynsdag nie ’n tradisie in Sjina is nie, word dit toenemend gewild soos Sjina Westerse gewoontes begin aanneem. (Foto: Andy Wong, AP)

Mense loop in die sneeu in Moskou, Rusland. Onlangse sneeuval het gelei tot 11 mm se neerslag in dié stad. (Foto: Evgeny Sinitsyn, Xinhua).

ʼn Model in ʼn skepping van LEAF XIA se Herfs/Winter 2019-versameling gedurende die New York-modeweek in New York, VSA. (Foto: Wang Ying, Xinhua)

Ys dryf op die Ontario-meer in Toronto, Kanada. ʼn Winterstorm wat met sneeu, ysige reën en stormsterk winde gepaard gegaan het, het die groter Toronto-gebied Dinsdag en Woensdag getref. (Foto: Zou Zheng, Xinhua)

Studente hou ’n optog gedurende ’n protesaksie teen klimaatsverandering in Brussel. Duisende tieners in België het ses agtereenvolgende weke skool gemis om owerhede bewus te maak van die beskerming van die wêreld se klimaat. (Foto: Geert Vanden Wijngaert, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.