Die wêreld in foto’s – 14 Januarie 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Mense neem deel aan die “No Pants Subway Ride”, ʼn jaarlikse gebeurtenis in Toronto, Kanada. Honderde deelnemers het Sondag aan dié geleentheid deelgeneem. (Foto: Zou Zheng, Zinhua)

ʼn Groep kinders speel in die sneeu in Tineretului Park in Boekarest, Roemenië, ná onlangse sneeuval in dié stad. (Foto: Gabriel Petrescu, Xinhua)

Vlae wapper terwyl pro-Europese betogers voor die parlement in Londen betoog. Theresa May, die Britse premier, was van plan om Maandag aan wetgewers te sê dat sy verdere versekering vanaf die Europese Unie ontvang het oor die Brexit-ooreenkoms. (Foto: Frank Augstein, AP)

Switserland se Roger Federer dien Maandag tydens die eersterondewedstryd by die Australiese Ope-tenniskampioenskap in Melbourne, Australië. (Foto: Aaron Favila, AP)

ʼn Seun woon die Bellman-parade in Grobnik, Kroasië, by. Dié parade is ʼn tradisie in die land om glo bose geeste weg te dryf tydens die wintermaande en die lentemaande in te lui. (Foto: Nel Pavletic, Xinhua)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.