Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Inwoners van Kaboel in Afghanistan sit rondom ʼn vuur om hulself warm te maak ná hewige sneeuval. (Foto: Rahmat Gul, AP)

Die son steek kop uit agter die lugbesoedelde hemelruim in Bangkok, Thailand. Bangkok se lugbesoedelingsvlak het Dinsdag op 162 gestaan, en die PM 2,5-vlak was 48,2 mikrogram per kubieke meter. (Foto: Gemunu Amarasinghe, AP)

ʼn Pro-demokrasie-ondersteuner hou ʼn plakkaat vas tydens ʼn byeenkoms by Hongkong se sakekern, bekend as Central. Die maande lange pro-demokrasiebeweging is in 2020 hervat met verdere massabetogings. (Foto: Vincent Yu, AP)