Die wêreld in foto’s – 14 Januarie 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Inwoners van Kaboel in Afghanistan sit rondom ʼn vuur om hulself warm te maak ná hewige sneeuval. (Foto: Rahmat Gul, AP)

Die son steek kop uit agter die lugbesoedelde hemelruim in Bangkok, Thailand. Bangkok se lugbesoedelingsvlak het Dinsdag op 162 gestaan, en die PM 2,5-vlak was 48,2 mikrogram per kubieke meter. (Foto: Gemunu Amarasinghe, AP)

ʼn Pro-demokrasie-ondersteuner hou ʼn plakkaat vas tydens ʼn byeenkoms by Hongkong se sakekern, bekend as Central. Die maande lange pro-demokrasiebeweging is in 2020 hervat met verdere massabetogings. (Foto: Vincent Yu, AP)

ʼn Suikerrietverkoper wag op klante buite ʼn groentemark in Bangalore, Indië, op die vooraand van Makar Sankranti. Suikerriet word tydens hierdie oesfees in rituele gebruik terwyl die fees die terugkeer van die son na die Noordelike Halfrond vier. (Foto: Aijaz Rahi, AP)

Pres. Donald Trump en eerste dame Melania Trump staan in die mis aan boord van Air Force One nadat hulle die College Football Playoff National Championship-wedstryd tussen LSU en Clemson in New Orleans bygewoon het. (Foto: Evan Vucci, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.