Die wêreld in foto’s – 14 Julie 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag:

Te midde van die wêreldwye Covid-19-pandemie het Frankryk die helde van die pandemie vereer tydens sy jaarlikse Bastille-dag- militêre parade.

Die gewone grandiose parade wat die Franse Revolusie vier, is vanjaar herontwerp om onder meer verpleegsters, ambulansbestuurders en supermarkkassiere te vereer vir hul opofferings in dié tyd. Om die verspreiding van die virus te bekamp was die parade vir die publiek gesluit.

Só lyk die militêre parade op Bastille-dag in Frankryk.

Studente van die Franse militêre skool staan in die Champs Elysees-laan voor die Bastille-dag-seremonie. (Foto: Christophe Ena, AP)

Soldate dra gesigsmaskers voor die Bastille-dag-feesvieringe. (Foto: Christophe Ena, AP)

Militêre vliegtuie vlieg oor die obelisk van die Concorde-plein tydens die Bastille-dag-parade in Parys. (Foto: Christophe Ena/Pool, AP)

ʼn Lid van die brandweer dra ʼn gesigsmasker in die kleure van die Franse landsvlag. (Foto: Christophe Ena/Pool, AP)

Die Bastille-dag militêre parade in Parys. (Foto: Ludovic Marin, AP)

Franse Alpha-stralers vlieg oor die Arc de Triomphe en die Champs Elysees-laan tydens die Bastille-dag militêre parade. (Foto: Ludovic Marin/Pool, AP)

Mediese personeel staan by die Franse landsvlag tydens die Bastille-dag-seremonie by die Place de la Concorde in Parys. (Foto: Ludovic Marin/Pool, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Anel ·

Dié, is altyd ‘n belewenis. Niks kan dit beskryf nie. Mens moet dit ervaar om dit te kan waardeer. Dis hoendervleis lekker.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.