Die wêreld in foto’s – 14 Junie 2016

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

wêreld-foto's

ʼn Klomp ammunisie is gekonfiskeer deur Afghaanse sekuriteitsmagte in Ghazni, Afghanistan. 12 vermeende Taliban militante word ook aangehou ná militêre optrede. Foto: Xinhua/Sayed Mominzadah/wire.africannewsagency.com

wêreld-foto's

Spoorwerkers en taxibestuurders van regoor Frankryk sal aan beplande stakings deelneem om hul misnoeë uit te spreek oor arbeidswetgewing in die land. Volgens berigte sal die Eiffel-toring ook gesluit word ter ondersteuning van die staking. Foto: Francois Mori/wire.africannewsagency.com

wêreld-foto's

Mense van Bangladesj ontvang gesubsidieerde kos tydens die maand van Ramadan – ʼn heilige maand in die Islamitiese geloof. Foto: Xinhua/Shariful Islam/wire.africannewsagency.com

wêreld-foto's (10)

Koning Willem-Alexander van Nederland woon ʼn funksie in Amsterdam by om Wêreld-Bloedskenkdag te vier. Dié dag word jaarliks op 14 Junie gevier. Vanjaar se tema is “Bloed bind ons almal saam”. Foto: Xinhua/Sylvia Lederer/wire.africannewsagency.com

wêreld-foto's

Dis net rook waar jy kyk ná die Monaco-toring van die Riviera Hotel and Casino in Las Vegas gesloop is. Die casino is in 1955 geopen en moes verlede jaar sluit om plek te maak vir die Las Vegas Convention Center. Foto: John Locher/wire.africannewsagency.com

wêreld-foto's (14)

Mense van China sukkel om die straat oor te steek na oorstromings in die Hunan-provinsie. Nog hewige reën word verwag. Foto: Xinhua/He Hongfu/wire.africannewsagency.com

wêreld-foto's

Kinders van Kasjmir speel in die water op ʼn warm dag in Srinagar. Foto: Xinhua/Javed Dar/wire.africannewsagency.com

wêreld-foto's

Die Sydney-operahuis word in verskeie kleure en vorms verlig tydens die Vivid Sydney 2016 lig- en musiekfees in Sydney, Australië. Foto: Rob Griffiths/wire.africannewsagency.com

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.