Die wêreld in foto’s – 14 Junie 2017

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Steve Johnson van die VSA slaan die bal terug na Duitsland se Philipp Kohlschreiber tydens hul wedstryd by die Mercedesbeker-toernooi in Stuttgart, Duitsland. (Daniel Maurer/DPA via AP)

ʼn Venster met ʼn koeëlgat in Alexandria, Virginia, in die VSA waar daar op politici en polisiebeamptes geskiet is tydens ʼn bofbaloefening. (Joseph Miscavige via AP)

Reddingswerkers maak gereed om ʼn liggaam te verwyder ná Dinsdag se grondstortings in die Rangamati-distrik in Bangladesj. Meer as 100 mense het hul lewe verloor. (AP Photo)

Brandbestryders rus naby die woonstelgebou wat in Londen aan die brand geslaan het. Minstens ses mense is dood en meer as 70 beseer in die brand wat die 24-verdieping-woonstelgebou verswelg het. (AP Photo/Frank Augstein)

 


ʼn Veldwagter hou een van die ietermagôs vas waarop beslag gelê is tydens ʼn klopjag op ʼn pakhuis in Indonesië. (AP Photo/Binsar Bakkara)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

willie ·

laat die ietermagôs (eiervreters) vry sodat hulle die krimenele kan vreet!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.