Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Meghan, die hertogin van Sussex, word Donderdag deur ʼn skare verwelkom tydens ʼn besoek saam met Brittanje se koningin Elizabeth II aan Chester in die noordweste van Engeland. (Foto: Eddie Mulholland, AP)

Galagoda Atte Gnanasara, die leier van die Bodu Bala Sena of Boeddhiste korps, word deur tronkbewaarders begelei nadat hy gevonnis is in Homagama, Sri Lanka. Die Sri Lankaanse hof het dié omstrede Boeddhiste monnik ses maande tronkstraf opgelê nadat hy glo die vrou van ʼn vermiste joernalis gedreig het. (Foto: Rukmal Gamage, AP)

ʼn Hawelose vrou sit in Kolkata, Indië, op ʼn sypaadjie langs ʼn muur met ʼn prent van Argentinië se Lionel Messi daarop geverf. Sokkeraanhangers reg oor die wêreld is gereed vir die 2018 Wêreldbeker-sokkertoernooi wat Donderdag afskop. (Foto: Bikas Das, AP)
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
2 Kommentare
Dankie Maroela dat julle die nuwe godin van die liberaal demokratiese wereld so baie publisiteit gee, Meganh ons godin.
Hoe kon ek waag om Haar naam verkeerd te spel. Meghan, ek is so jammer, ek hoop U vergewe my.