Die wêreld in foto’s – 14 Maart 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

’n Foto geneem met ʼn selfoon toon die wolke bokant die Tianzi-berg in die Wulingyuan-natuurgebied in Zhangjiajie in Sentraal-China se Hunan-provinsie. (Foto: Wu Yongbing, Xinhua)

Mans in ʼn trans-toestand met “keris”, ʼn soort tradisionele messe, tydens die ritueel van Melasti in Bali, Indonesië. Dié ritueel word voor die Balinese Hindoes se dag van stilte uitgevoer om die heelal te reinig van slegte invloede, slegte dade en slegte gedagtes. (Foto: Firdia Lisnawati, AP)

Oostenryk se Claudia Loesch neem deel aan ’n ski-item by die Jeongseon Alpine-sentrum in Jeongseon, Suid-Korea, as deel van die Pyeongchang 2018 Paralimpiese Winterspele. (Foto: Simon Bruty, AP)

Pous Franciskus daag Woensdag op by die St. Peters-plein vir sy weeklikse oudiënsie in die Vatikaanstad. (Foto: Andrew Medichini, AP)

Petro Porosjenko, die president van die Oekraïne, trek ’n soldaat se hoed reg terwyl hy en die Oostenrykse president, Alexander van der Bellen, die erewag tydens ʼn verwelkomingseremonie voor hul vergadering in Kiëf in die Oekraïne inspekteer. (Foto: Efrem Lukatsky, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Elaine Rosslee ·

Die wêreld in foto’s… Eerder die ooste, veral Sjina, in foto’s.
Die fotos is baie mooi, maar hoekom net die Ooste wys?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.