Die wêreld in foto’s – 14 Maart 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Sneeu verminder die sigbaarheid by die Mount Rushmore National Memorial naby Keystone, S.D. ’n Hewige sneeustorm, vloede en ’n tornado het Woensdag meer as 25 Amerikaanse state getref, wat vanaf die Rocky Mountains in die noorde tot verby Texas gestrek het. (Foto: Ryan Hermens, AP)

Gloria Estefan (links) en Jose Feliciano tree op tydens die Library of Congress Gershwin Prize huldeblykkonsert by die DAR grondwetsaal in Washington. Estefan en haar man is tydens die aand vereer. (Foto: Brent N. Clarke, AP)

Die Soyuz-ruimtetuig sigbaar in Baikonur, Kazakhstan. Ekspedisie 59 se ruimtevaarders Nick Hague en Nasa se Christina Koch, asook Alexey Ovchinin van Roscosmos, sal later vandag, Amerikaanse tyd, aan boord die Sojuz MS-12-ruimtetuig wees vir ’n sending van ses en ’n half maande op die Internasionale Ruimtestasie. (Foto: Bill Ingalls, AP)

Ferrari-bestuurder, Charles Leclerc van Monaco, ontmoet sy aanhangers voor die Australiese Grand Prix in Melbourne, Australië. (Foto: Andy Brownbill, AP)

Phoenix Suns se Devin Booker (1) glip verby Utah Jazz se Derrick Favors (15) gedurende die tweede helfte van ’n NBA-basketbalwedskryd in Phoenix. (Foto: Matt York, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.