Die wêreld in foto’s – 14 Mei 2019

Foto’s bied ’n blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ’n slag.

Die Brandenburg-hek is te sien deur ’n ysblok wat deur klimaataktiviste opgestel is in Berlyn, Duitsland. Hierdie ysblok wat deur Greenpeace voor die Brandenburg-hek geplaas is, vorm deel van ’n slagspreuk wat lui “Last Exit”, as deel van ’n optog met verwysing na die Petersberg-klimaatsgesprek. (Foto: Markus Schreiber, AP)

Switserland se Roger Federer by ’n mediakonferensie by die Italiaanse Ope-tennistoernooi in Rome, Italië. (Foto: Ettore Ferrari, AP)

Mense hou kerse vas met die Washington-monument in die agtergrond gedurende die jaarlikse kerslignagwaak van die National Law Enforcement Officers tydens ’n seremonie by die National Mall in Washington ter herdenking van nuwe name wat tot die monument gevoeg is. (Foto: Jose Luis Magana, AP)

Olivia Wilde woon ’n spesiale vertoning van “Booksmart” by die Theatre at Ace Hotel in Los Angeles by. (Foto: Richard Shotwell, AP)

Die son word weerkaats in ’n spieël by ’n kruispad in Frankfurt, Duitsland, op ’n sonnige Dinsdagoggend. (Foto: Michael Probst, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.