Die wêreld in foto’s – 14 November 2016

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

wêreld-foto

Chinese toeriste in Kaikoura, Nieu-Seeland, word per helikopter na ʼn veiliger gebied geneem nadat ʼn aardbewing van 7,8 op die Richterskaal dié area Maandagoggend vroeg getref het. Foto: Su Liang, Xinhua

wêreld-foto

Die Russiese Soyuz-FG aangedrewe vuurpyl en die Soyuz MS-03-ruimteskip Maandag kort voor lansering in Kazakstan. Dié ruimteskip met die Fransman Thomas Pesquet, die Rus Oleg Novitsky en die Amerikaner Peggy Annette Whitson aan boord is op pad na die internasionale ruimtestasie (ISS). Foto: Dmitri Lovetsky, AP

wêreld-foto

Honderde huise is verwoes en meer as 5 000 mense dakloos gelaat toe ʼn brand Sondagnag deur Addition Hills aan die buitewyke van Mandaluyong, oos van Manila in die Filippyne, geswiep het. Twee mense is dood in dié brand wat vyf uur lank gewoed het. Foto: Bullit Marquez, AP

wêreld-foto

ʼn Bewaarder, geklee in ʼn voëlkostuum, besig om ʼn agt dae oue kraanvoëlkuiken in die Korat-dieretuin se broeisentrum in Thailand te voer. Kraanvoëls wat in aanhouding uitgebroei word oorleef moeilik op hul eie omdat hulle maklik van mense afhanklik word. Die kostuum help om die menslike kontak te beperk sodat die voël in die natuur vrygelaat kan word en ʼn beter kans op oorlewing kan hê. Foto: Gemunu Amarasinghe, AP

wêreld-foto

Steven Smith van Australië duik oor sy kolfstreep tydens die kriekettoetsreeks teen Suid-Afrika in Hobart, Tasmanië. Foto: Rick Rycroft, AP

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.