Die wêreld in foto’s – 14 November 2017

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

ʼn Foto van die son agter ʼn laag rookmis in Nieu-Delhi in Indië. (Foto: Manish Swarup, AP)

Betogers loop met plakkate van verskeie wêreldleiers tydens die Beraad van die Vereniging van die Suidoos-Asiatiese Nasies. (Foto: Aaron Favila)

ʼn Reddingswerker soek saam met sy hond deur ʼn hoop puin in Sarpol-e-Zahab ná die aardbewing wat Sondagaand Iran geskud en meer as 400 lewens geëis het (Foto: Vahid Salemi, AP)

ʼn Bejaarde man loop met ʼn sak appels deur Kaboel in Afghanistan. (Foto: Rahmat Gul, AP)

Die reusepandawelpie, Nuan Nuan, wag by die Kuala Lumpur-lughawe, gereed vir die reis na China. Dié panda is die nasaat van twee reusepandas, Xing Xing en Liang Liang, wat in 2014 vir ʼn leentydperk vanaf China na Maleisië gestuur is. (Foto: Sadiq Asyraf, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.