Die wêreld in foto’s – 14 November 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Pous Franciskus Woensdag aan die einde van sy weeklikse oudiënsie in St. Petrusplein in die Vatikaanstad. (Foto: Andrew Medichini, AP)

Wladimir Poetin, die Russiese president, maak Woensdag gereed om sy sitplek in te neem by die 33ste ASEAN-Rusland-beraad in Singapoer. (Foto: Bullit Marquez, AP)

ʼn Boer werk in die Jingtang-dorpie van Qingzhou-stad, Oos-China se Shandong-provinsie. (Foto: Wang Jilin, Xinhua)

Indiese kinders wag Woensdag vir ʼn vertoning om te begin op die verjaarsdag van Jawaharlal Nehru, Indië se eerste premier, by sy voorvaderlike huis, Anand Bhawan, in Allahabad, Indië. Nehru se geboortedag staan ook bekend as Kinderdag in Indië. (Foto: Rajesh Kumar Singh, AP)

Mense besoek ʼn woud vol ginkgo-bome in die Jiawan-dorpie van Tantsjeng-distrik, Oos-China se Shandong-provinsie. (Foto: Zhang Chunlei, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.