Die wêreld in foto’s – 14 September 2016

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

wêreld-foto

Werkers van die Maleisiese departement van gesondheid het Woensdag dele van Kuala Loempoer teen muskiete gespuit nadat twee nuwe gevalle van die Zika-virus Dinsdag aangemeld is. Ses mense is tot dusver met dié virus gediagnoseer. Foto: Joshua Paul /wire.africannewsagency.com

/wire.africannewsagency.com

Familielede van Oekraïnse krygsgevangenes vergader Woensdag buite die Duitse ambassade in Kiëf in ʼn poging om druk te plaas op die Duitse owerheid om die vrylating van dié gevangenes uit Oos-Oekraïnse tronke te bespoedig. Foto: Efrem Lukatsky /wire.africannewsagency.com

/wire.africannewsagency.com

Stormwinde en rowwe seetoestande teister die kus van Fuqing in China se Fujian-provinsie. ʼn Tifoon-waarskuwing is Woensdag na “rooi” opgegradeer – die hoogste in die vierkleur-waarskuwingstelsel. Foto: Wei Peiquan / Xinhua/wire.africannewsagency.com

/wire.africannewsagency.com

Hannah Zeitlhofer poseer vir ʼn foto ná haar inhuldiging as die eerste vroueafrigter by die Spaanse ryskool in Wene, Oostenryk. Foto: Ronald Zak /wire.africannewsagency.com

/wire.africannewsagency.com

Met sonsopkoms agter die Washington-gedenknaald was die verwagte maksimumtemperatuur vir die Amerikaanse hoofstad Woensdag weer soveel as 32 °C. Foto: J David Ake/wire.africannewsagency.com

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.