Die wêreld in foto’s – 14 September 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Herbert Kickl, die Oostenrykse minister van binnelandse sake, praat Vrydag met verslaggewers in Wene, Oostenryk, by die EU-konferensie oor veiligheid en migrasie. (Foto: Ronald Zak, AP)

Pous Franciskus praat Vrydag met Mosambiek se president, Filipe Nyusi, tydens ʼn private oudiënsie in die Vatikaanstad. (Foto: Alberto Pizzoli, AP)

Sandale hoop Vrydag op buite ʼn kamer by ʼn ontruimingsentrum. Aanhoudende reën van tifoon Mangkhut het teen Vrydag in Tuguegarao-stad in Cagayan-provinsie in die Filippyne begin uitsak. Tifoon Mangkhut woed steeds voort en saai verwoesting in die digbevolkte kusprovinsies van die Filippyne. (Foto: Aaron Favila, AP)

Mercedes se Lewis Hamilton van Brittanje Vrydag tydens die eerste oefening by die Marina Bay-renbaan voor die afskop van die Formule Een- Grand Prix in Singapoer. (Foto: Yong Teck Lim, AP)

Ricardo Mendes, een van die vier vermeende slagoffers van seksuele, fisieke en sielkundige misbruik deur Boeddhistiese onderwysers, praat Vrydag met verslaggewers voor ʼn ontmoeting met die geestelike leier, die Dalai Lama, in Rotterdam, Nederland. (Foto: Peter deJong, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.